My wereld vs joune

Snaaks watse draaie die lewe partykeer met mens loop.

Ek le gistermiddag John Grisham se boek “The Street Lawyer” en lees.  Nou ek kan myself mos vreeslik lekker by die goed inleef.  Wou van kleintyd ‘n prokureur word en het, tot my spyt nadat ek die volle LLB ge-swat het, besluit dit is nie vir my nie.  Dis nou tipies ek, wag tot ek klaar is met ‘n ding voor ek besluit ek wil dit nie meer he nie.

Anyhoo, die boek gaan oor die gap tussen arm en ryk.  Hoe ‘n jong prokureurtjie met ‘n briljante toekoms amper deur ‘n bum dood gemaak word en dan besluit om alles op te gee om ‘n poverty lawyer te word en vir die regte van die homeless te baklei.  Sounds like a man right up my alley, so ek lees lekker.

Toe manlief (oftewel Outoppie, soos wat Master Jim nou na hom verwys) van die werk afkom, besluit ons dis tyd vir bietjie R&R op die strand.  Daar gekom klim ons uit die kar en stap ewe lekker strand op en af, skulpies opgetel en al. 

So met die terugkom, vang my oog die publieke stort area en my hart skeur net daar in ‘n duisend stukke.  Man en vrou (moeilik om ouderdom te skat, die jare se spore le hard op hulle gesigte) met twee kinders, een seker so vier en die ander kan nog nie eens loop nie.  Hulle is besig om daar, in die wind en weer, onder die koue water te was en klere uit te spoel.  Elkeen het ‘n plastiese sak wat hulle werelds besittings inhou en hulle het elkeen twee of drie lae klere aan wat hulle stuk stuk afhaal en was.  So, sonder seep. 

Ons stap terug na ons kar toe en ek dink aan my huisie waareen ons nou gaan, waar gisteraand se oorbly braaivleis, complete met pap en sous en corn on the cob nog wag om vinnig in die microwave gedruk te word.  Aan die wasgoed wat lekker skoon in vars en ge-Sta Soft in die kas is nadat dit die hele dag in die son gehang het.  Aan my lekker sagte warm bed waar ek gaan neerval en wegsink na droomland.

Nodeloos om te se, ek kon nie aan die slaap raak nie.  Hulle gesigte het bly spook voor my.  Waar slaap hulle, wat eet hulle, waar kom hulle kos vandaan.

Ons doen so min vir ander want ons is so behep met wat hulle gaan doen met die geld, maar hoeveel keer het ons al vir iemand gaan kos koop.  Hoeveel van die t-shirts wat in my kas hang het ek nog net een keer aangehad, hoeveel van die goed het ek werklik nodig?  Drie duvet’s in die linnekas, in case iemand kom kuier, terwyl ‘n familie net die klere op hulle rug het om hulle warm te hou.

Wat het ek vandag vir iemand anders gedoen sonder om iets terug te verwag?

Dink nie ek kan vanaand verder lees aan die boek nie, ek voel eenvoudig te skuldig

Advertisements

Author: nanuschka

I am a free spirit born in the Free State, 20 years to late. I am Ying and Yang. I am the girl next door who prefers daisies and peace rallies, but can just as easily rock at a rally. I love all things Latin and am sure that in my previous life (if that existed) I was Spanish. The dark side of me, however, tells me that I lived in Mother Russia. On a quest to find my happy-ever-after, I am in constant search of answers to all things that makes us human. What we do and, more importantly, why we do it. I hope you enjoy my rambles and would love to hear from you!

1 thought on “My wereld vs joune”

  1. Ai,Nanuschka, ek verstaan wat jy sê. ‘n Mens wil so graag ander help wat nie so bevoorreg is nie, maar dis nie altyd moontlik. Ek glo dat jy wel leiding sal kry oor wat jy kan of moet doen.
    Dis waarom ek by Solidaritiet se Helpende Hande aangesluit het; hulle gee nie net kos en klere nie, hulle bemagtig die mense om hulself te help.
    Mag jy geseën word omdat jy ‘n hart vir ander het— dis kosbaar.

Say something, you know you want to!

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s